fbpx
Vryheidsfront Plus

Grond: Didiza vra om kalmte; ANC-self oorsaak van chaos

Terwyl die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, vra om kalmte oor grond in Suid-Afrika, is dit die ANC-self wat gemoedere opjaag met beleidonsekerheid oor die saak.

Didiza het tydens ‘n sake-ontbyt Woensdag by die Universiteit van die Vrystaat (UV) gevra dat Suid-Afrika kalm en sober moet bly om besluite oor grond te neem.

Die ANC se beheptheid met die verlede as verskoning vir sy eie mislukkings is die rede waarom die debat nie in kalmte en met redelikheid gevoer kan word nie

Didiza se departement sal in die huidige boekjaar meer as ‘n kwart van sy begroting aan grondhervormingspogramme bestee. Intussen weet Suid-Afrika steeds nie hoeveel grond in staatsbesit is nie.

Die onlangse verslag deur die presidensiële taakspan oor onteiening sonder vergoeding het weereens die noodsaaklikheid van ‘n grondoudit benadruk, maar die ANC en EFF gaan voort met sy sondebok-taktiek waarmee boere die skuld vir die grondkwessie kry.

Solank daar nie ‘n behoorlike en betroubare oudit oor grond gedoen word nie, sal die debat nie kalm kan voortgaan nie.

Die VF Plus sal aanhou terugslaan teen die ANC se gebrek aan beleidsekerheid oor grond en sy verdraaiing van die waarheid oor die aangeleentheid deur skadelike propaganda met feite te beveg.

 

Kontaknommers: 076 629 6219

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.