Die nasionale inperking het nie daarin geslaag om die VF Plus-jeug se Taaldagvieringe te stuit nie. Alhoewel die jeug nie die Taalmonument kon besoek nie, is Taaldag vanoggend deur middel van 'n virtuele webinaar gevier.
Die Afrikaner word in die huidige politieke klimaat gereeld afgemaak as tweederangse burgers. Die ANC en sy meelopers wil moedertale, en in besonder Afrikaans, uitwis.
Tydens die viering het verskeie sprekers die belang van erfenis en moedertaal beklemtoon.
Afrikaanssprekendes mag trots wees op hul taal. 'n Taal van Afrika. 'n Taal wat met die invloed van tale in Afrika, Europa en Asië ontwikkel het.
Die VF Plus-jeug is daartoe verbind om op te staan vir volle geleenthede vir alle tale in Suid-Afrika en tot die stryd in oorlewing vir Afrikaans as onderrigmedium.
Die regering moet in geen onduidelike taal kennis neem van die jeug wat sê: "Genoeg is genoeg. Ons sal opstaan vir ons regte. Ons sal saam staan vir geregtigheid."
Navrae: 082 490 6663