Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-jeug in Gauteng verwerp voorstel om Tukkies-wapen te verander

Die voorstel om die Universiteit van Pretoria (UP) se wapen te verander as deel van ‘n poging om ‘n meer inklusiewe omgewing by die universiteit te skep, is net nog ‘n poging om dié instelling te stroop van sy ryk geskiedenis en trots.

Die UP het met die aanval op Afrikaans as onderrigtaal, koshuis-naamsveranderinge en nou met die beplande verandering van die bestaande wapen, bewys hy nie sal stop voor alle tekens van die Afrikanerkultuur en -geskiedenis van die kampus verwyder is nie.

Die VF Plus-jeug in Gauteng vind dit onaanvaarbaar dat onder die vaandel van inklusiwiteit een groepering studente se geskiedenis en kultuur uitgeroei en geminag word.

Die VF Plus-jeug doen ‘n beroep op die UP om die proses te staak. Die wapen is deel van die trotse instelling se geskiedenis en is sinoniem daarmee. Ruimte moet eerder geskep word vir alle studente om hul kultuur en geskiedenis te behou, te beskerm en uit te bou op die kampus.

Die verandering van die wapen is boonop ‘n onnodige finansiële uitgawe en in die lig van die huidige ekonomiese situasie in die land kan die geld eerder aangewend word om minderbevoorregte studente te help.

Goeie nuus is die besluit om nie die seremoniële wapen te verander wat by gradeplegtighede en ander amptelike byeenkomste gebruik word nie.

Die UP is in 1908 gestig as ‘n satellietkampus van die ou Transvaalse Universiteit Kollege in Johannesburg. Altesame 32 studente is aanvanklik ingeskryf.

Die VF Plus-jeug in Gauteng het ‘n aanlyn-versoekskrif geskep wat deur alle studente, alumni ’s en belangstellendes onderteken kan word. Besoek gerus die webtuiste by http://www.gemeenskappe.co.za/red-tukkies

Die versoekskrif sal op ‘n geskikte tyd aan ‘n verteenwoordiger van die universiteit oorhandig word.

Navrae: 079 224 7321

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.