fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-jeug gee terug aan gemeenskappe

Die VF Plus het vandag skoolskoene aan behoeftige kinders van die Heatherdale Sekondêre Skool en Esparanza Jeugsorgsentrum in Bloemfontein oorhandig.

Die VF Plus-LPW, Devar Smit en die onder-jeugleier in die Vrystaat, Chriszaan du Plessis, het die skoene uitgedeel om die kinders te help in die koue maande wat voorlê. Du Plessis is ook die party se nasionale jeug-sekretaris.

Die aksie vorm deel van die VF Plus se verbintenis daartoe om verligting te bring in gemeenskappe wat swaarkry. Die VF Plus het Esperanza in die verlede ook ondersteun in verskeie hulpaksies.

By Heatherdale in Heidedal kan sommige kinders nie basiese benodighede bekostig nie. Die VF Plus ondersteun graag ook hierdie kinders.

Die VF Plus-Jeug wil graag ‘n toekoms skep vir die jeug in Suid-Afrika. Die party sal daarom voortgaan met spesiale aksies om jong mense te help en om geleenthede te skep om 'n beter toekoms vir die kinders te verseker.

 

Kontaknommer: 082 490 6663

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.