Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus inisieer Sassa-uitreik na Chatsworth in Swartland-munisipaliteit

Die VF Plus in die Swartland-plaaslike munisipaliteit (Abbotsdale, Chatsworth, Darling, Kalbaskraal, Koringberg, Malmesbury, Moorreesburg, Riebeeck Kasteel, Riebeeck West, Riverlands, Yzerfontein) het daarin geslaag om op 22 Maart ʼn Sassa-uitreik te hou op Chatsworth om die gemeenskap te help met die oorskakeling na die nuwe Sassa-kaart.

Mnr. Shannon Nel, Sassa-kantoorhoof in Malmesbury en sy span het op versoek van die VF Plus voorligting aan die gemeenskap gegee rakende die nuwe Sassa-kaarte.

Die uitreik het nie net die Chatsworth-gemeenskap bevoordeel nie, maar ook die mense van Riverlands en Kalbaskraal.

Daar is tans net een Sassa-kantoor in Malmesbury wat die hele distrik moet bedien en dit lei tot groot frustrasie onder Sassa-afhanklikes.

Die VF Plus gee om vir die belange van gemeenskappe en veral die van die mees weerlose en gaan poog om hierdie uitreik ʼn maandelikse instelling te maak.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.