fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus inisieer opgeskerpte veiligheid in Eersterust

Die VF Plus het op 9 Desember die vrywillige gemeenskapspatrollie-inisiatief aan geesdriftige gemeenskapslede van Eersterust in die Tshwane-metro bekendgestel.

Die inisiatief sal ʼn belangrike aanvullende rol speel om die Tshwane-metropolisie, die metro se departemente van gesondheid en gemeenskapsveiligheid, die nooddienste, polisie en privaat sekuriteitsmaatskappye te ondersteun om veiligheid in die gebied op te skerp.

Gemeenskapslede van 18 jaar en ouer kan opleiding ontvang.

Die omvattende opleidingsprogram dek verskeie aspekte insluitende eerstehulp, brandbestryding, risiko-beoordeling, skarebeheer en voorvallebestuur.

Die mikpunt is om die inisiatief uit te brei na alle gemeenskappe in die Tshwane-metro.

Dit stem ook ooreen met die metro se onlangse bekendstelling van die gemeenskapsopheffingsprogram waar ondernemings en gemeenskapslede aktief saamwerk om gebiede te bestuur om veiligheid en dienslewering te verbeter.

Die volgende vrywillige opleidingsessie in Eersterust sal in Januarie 2024 plaasvind.

Inwoners van Eersterust wat betrokke wil raak kan André Jacobs kontak by andreja@tshwane.gov.za of (012) 3587980.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.