Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus-ingryping bring oplossing vir lugbesoedeling in Hazyview

Die VF Plus se ingryping het gelei tot die vinnige oplossing van ʼn ernstige lugbesoedelingsprobleem op Hazyview.

Die party het op 17 Oktober ʼn klag by die Ehlanzeni-distriksmunisipaliteit ingedien oor die verbranding van saagsels op die perseel van die MBV-saagmeule wat erge lugbesoedeling veroorsaak en ʼn gesondheidsrisiko vir inwoners inhou.

Ehlanzeni se omgewingsbestuurseenheid het dit onmiddellik ondersoek en bevind dat groot hoeveelhede saagsels sonder behoorlike afvalbestuur op die perseel verbrand word.

Die saagmeulmaatskappy het volle verantwoordelikheid geneem en dadelik begin met korrektiewe maatreëls:

• Die verbranding van saagsels is gestaak.
• Alle afval is verwyder en aan ’n plaaslike makadamiaboer geskenk vir kompostering.
• ’n Aksieplan is ingedien om toekomstige oortredings te voorkom en regulasies na te kom.

Die maatskappy het tot 24 November 2025 om die terrein volledig skoon te maak en alle besoedelende aktiwiteite te staak.

Die VF Plus verwelkom die maatskappy se samewerking en sal die situasie monitor om die gesondheid en veiligheid van Hazyview-inwoners te beskerm.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.