fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Tshwane-metro doen beroep op motoriste om verkeersreëls te gehoorsaam tydens die Paastydperk

Die VF Plus in die Tshwane-metroraad het ʼn beroep op motoriste gedoen om alle verkeersreëls op die metro se paaie ten alle tye te gehoorsaam tydens die Paastydperk.

Die party het dié beroep op motoriste, asook fietsryers en voetgangers gedoen tydens die Tshwane-metropolisie (TMPD) se padveiligheidsbekendstelling vir die Paasnaweek.

Die TMPD sal ʼn nultoleransie-benadering tot wetteloosheid volg. Proaktiewe maatreëls soos padblokkades sal ingespan word om te verseker motoriste en hul voertuie aan die vereiste verkeersregulasies voldoen.

Statistiek van vorige Paasnaweke dui op ʼn kommerwekkende toename in ongelukke en sterftes op paaie. Dit is noodsaaklik om dié probleem aan te spreek.

Veral dronkbestuurders en spoedoortreders sal geen genade ontvang van die TMPD nie.

Die VF Plus waarsku motoriste ook om nie te probeer om lede van die metropolisie om te koop nie. Lede van die TMPD wat omkoopgeld van motoriste eis, moet ook dadelik verkla word by die volgende nommer: 083 657 2998

Die VF Plus wens al die inwoners van die metro en toeriste ʼn veilige en geseënde Paasfees toe.

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.