fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Tshwane eis optrede ná implementering van kragtariewe

Die VF Plus het verskeie klagte ontvang dat die nuwe voorgestelde kragtariewe vir die Tshwane-metro wel op 1 Julie geïmplementeer is, al het NERSA die voorgestelde tariewe op 28 Junie 2019 volgens bronne afgekeur.

Die VF Plus distansieer hom van enige onwettige optrede deur die metro en eis ‘n duidelike pad vorentoe van die metroraad.

Die VF Plus is verlede week tydens ‘n veelparty-koukus, waarop alle koalisievennote sittingsreg het, verkies om op ‘n spesiale taakspan te dien wat voorstelle rakende die beplande tariefverhogings moes doen.

Die taakspan het bestaan uit politici asook tegniese amptenare van die metroraad. Die taakspan het sekere voorstelle gedoen rakende die vaste koste vir plaaslike sowel as vir landbouhoewe-verbruikers.

Volgens die VF Plus moet die oorspronklike taakspan weer in die lewe geroep word, asook uitgebrei word om ander rolspelers soos AfriForum, die TLU en Erasa (Elektrisiteitherverkopers-assosiasie van Suid-Afrika) in te sluit.

Daar bestaan ‘n enorme kommunikasiegaping tussen die metroraad en inwoners.

Die metroraad moet oop kaarte met inwoners speel en die pad vorentoe duidelik uiteensit.

Die VF Plus sal die burgermeester van Tshwane, Stevens Mokgalapa, vir ‘n tweede keer in soveel weke, indien nodig, gaan spreek om klarigheid oor die saak te verkry.

Die VF Plus is nie gekant teen ‘n verhoging in kragtariewe nie, maar die verhoging moet billik wees en binne NERSA se riglyne. Daar moet ook ‘n wettige en deursigtige proses gevolg word.

Kontaknommer: 072 815 4053

DEEL DIT:

jongste artikels

Van die VF Plus se politieke lessenaar
Dalien Steyn

Meningspeilings en verkiesingsuitslae

Daar is die afgelope ruk byna elke week ʼn nuwe meningspeiling wat voorspel hoe politieke partye in die komende verkiesing gaan vaar.

Die jongste dag-tot-dag-meningspeiling van die Social Research Foundation (SRF) dui daarop dat die ANC nou voorloop in KwaZulu-Natal nadat hy sy groot kanonne ingestuur het om in die provinsie stemme te werf.

LEES MEER
Jongste nuus
Amanda de Lange

Lesufi faal welsynsorganisasies

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi en die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlope, se krisisbestuur om welsynsorganisasies wat nog nie hul diensooreenkomste ontvang het nie

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.