fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Matlosana dring aan op professionele bestuur van openbare werke-program

Die VF Plus in die ANC-beheerde Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein), dring aan op beter bestuur van die munisipaliteit se uitgebreide openbare werke-program (EPWP).

Die party het voorstelle vir ʼn professionele bestuurs- en beleidsraamwerk vir die doeltreffende implementering van die programme ingedien by die speaker van die munisipale raad, Stella Mondlane.

Die party het versoek dat dit op die agenda van Matlosana se munisipale raad geplaas word vir goedkeuring as munisipale beleid.

Hierdie voorstelle volg op die soveelste voorval verlede Donderdag toe ontevrede inwoners by die munisipale kantore ingebars en dienste ontwrig het.

Dit was glo weens hul ongelukkigheid met die implementering van EPWP-projekte in die munisipaliteit. Verskeie bewerings van nepotisme en die onbillike bevoordeling van sekere woongebiede deur amptenare en raadslede is gemaak.

Die EPWP-program in die munisipaliteit, wat veronderstel is om bestaande munisipale dienste aan te vul, is vir jare in omstredenheid gedompel.

Dit is duidelik dat die program soos tans toegepas, geen werklike waarde tot dienslewering in die munisipaliteit lewer nie.

Nader ondersoek deur die VF Plus het getoon dat daar onder meer geen behoorlike projekbeplanning gedoen word voor die implementering van programme nie. Regeringsvoorskrifte word ook nie gevolg nie.

Swak kommunikasie en gebrekkige openbare deelname in die prioritisering van projekte lei tot onrealistiese verwagtinge vir werksgeleenthede.

Dit veroorsaak gereelde ontwrigting van munisipale dienste weens protesaksies indien daar nie aan die verwagtinge voldoen word nie.

Die indruk onder gemeenskappe dat amptenare en raadslede die program bloot misbruik om hul vriende en familie te verryk, beklad die program verder en laat inwoners vertroue in die plaaslike owerheid verloor.

Die oogmerk van die VF Plus se voorstelle is om hierdie gebreke eens en vir altyd aan te spreek.

Die voorstelle behels dat die identifisering, prioritisering en professionele projekbeplanning van EPWP-projekte gekonsolideer word in ʼn jaarlikse proses wat deel vorm van die munisipale begrotingsproses.

Die duidelike afbakening van die verantwoordelike munisipale departemente vir die onderskeie programme, asook die vasstelling van projekteikens en tydlyne sal ook verseker dat die bestuur daarvan doeltreffend gemonitor kan word.

Die party dring ook aan op ʼn behoorlike kommunikasie-proses waarin die onderskeie EPWP-projekte se diensleweringsdoelwitte duidelik aan die gemeenskap verduidelik word.

Die VF Plus sal voortgaan om diensgebreke in Matlosana uit te wys en druk toe te pas om professionele bestuur tot voordeel van die gemeenskap te herstel.

Die inwoners van Matlosana verdien beter as die ANC.

DEEL DIT:

jongste artikels

Matlosana Wyk 17

Chandré de Bruyn JOU KANDIDAAT VIR WYK 17 11 Oktober 2023 TUSSENVERKIESING MATLOSANA WYK 17 WILKOPPIES | DORINGKRUIN Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid het

LEES MEER

Matlosana Wyk 16

LEE-ANN SCOTT JOU KANDIDAAT IN WYK 16 11 OKTOBER 2023 TUSSENVERKIESING WYK 16 Wilkeville | Flimieda | La Hoff Dienslewering gaan agteruit en die DA-wyksraadslid

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.