Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Limpopo verwelkom NVG-verslag oor onregmatige aanstellings in Mogalakwene-munisipaliteit (Potgietersrus)

Die VF Plus in Limpopo verwelkom die verslag van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) se ondersoek aangaande die onregmatige aanstelling van mnr P.J. Mashamaite as die adjunkbestuurder van korporatiewe aangeleenthede in die Mogalakwena-plaaslike munisipaliteit (Mokopane, Potgietersrus).

Die bevindinge in die NVG se verslag dui daarop dat die aanstelling van Mashamaite onregmatig was en dat die tóé waarnemende munisipale bestuurder, mev. Molala, dissiplinêr aangekla moet word weens haar betrokkenheid by die aanstelling.

Die verslag het ook bevind dat die bedrag wat aan Mashamaite se salaris bestee is, as ‘n verkwiste en vrugtelose uitgawe verklaar moet word.

Tydens ‘n spesiale virtuele raadsvergadering van die Mogalakwena-munisipaliteit op 8 September 2020, is die aanbevelings van die NVG met tydskale vir optrede aanvaar.

Die VF Plus Limpopo doen ‘n beroep op die munisipaliteit om alle moontlike stappe te neem teen persone wat hulle aan wangedrag skuldig gemaak het en om teen hulle op te tree ten spyte van die feit dat van hulle nie meer in die munisipaliteit werksaam is nie.

Dit het tyd geword om onbekwame en korrupte amptenare verantwoordelik te hou vir hul dade en die gevolge daarvan en om gelde wat vermors is, van die skuldiges te verhaal.

Navrae: 066 024 4623

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.