Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus in JB Marks eis onmiddellike verwydering van Kgotso Khumalo as burgemeester

Die VF Plus eis dat mnr. Kgotso Khumalo onmiddellik uit sy amp as burgemeester van die JB Marks-plaaslike munisipaliteit (Potchefstroom en Ventersdorp) verwyder word.

Dit is onaanvaarbaar dat iemand wat vir ernstige ekonomiese misdrywe, diefstal en bedrog in hegtenis geneem is steeds amptelik as burgemeester dien.

Drastiese stappe is nou nodig om die munisipaliteit van totale ineenstorting te red. Die moraal en werketiek van munisipale personeel moet dringend onder die leiding van bekwame, eerbare bestuur, herstel word.

Indien Khumalo weier om onmiddellik te bedank, sal die VF Plus alle effektiewe maatreëls en stappe steun om hom uit sy amp te verwyder.

Die JB Marks-raad behoort nou oor partypolitieke grense heen saam te staan om te verseker dat die plundery en wanbestuur in die munisipaliteit finaal die nek ingeslaan word.

Die inwoners van Potchefstroom en Ventersdorp moes te lank aanskou hoe hul eens trotse dorpe stelselmatig verval onder die bewind van Kgotso Khumalo en die ANC.

Navrae: 082 415 8628

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.