fbpx
Vryheidsfront Plus

Mediumtermyn-begroting: ANC-regering in skaakmat-posisie

Die harde werklikheid oor minister Tito Mboweni se meduimtermyn-begroting van vandag is dat die fiskus nie meer geld het nie en die minister se plooiery van die begroting is ‘n blote rondskuif van stoele op die dek van die Titanic.

Die minister is duidelik in ‘n skaakmat-posisie. Dit blyk uit die begrotingstekort wat nou reeds R770 miljard beloop. Die totale skuldlas van die regering beloop R3,9 biljoen rand (biljoen = miljard miljard). Dit gaan styg tot R5,8 biljoen teen die einde van die huidige finansiële mediumtermyn.

Net die dienstegeld op hierdie bedrag beloop tans R233 miljard per jaar wat na verwagting gaan styg tot R355 miljard per jaar teen 2023/24. Dit beteken die land het nie meer geld nie.

Die minister is met sy rug teen die muur en nou gee hy boonop R10,4 miljard wat vir plaaslike regering moes gaan, in die soveelste reddingspoging aan die SAL. Dit terwyl munisipale dienste landwyd haglik is. Mense het nie water nie en oral is sanitasieprobleme.

Die VF Plus sê daar kan nie meer geld aan die SAL gegee word nie. Die lugdiens is ‘n onbekostigbare luukse en moet nou geprivatiseer of selfs net weggegee word. Daar kan nie meer geld hierop vermors word nie.

Die staat se salarisrekening bly ‘n yslike probleem. Hier neem die minister nou R14,1 miljard van onderwys weg terwyl president Cyril Ramaphosa twee weke gelede aangekondig het daar gaan 200 000 nuwe poste in die onderwyssektor geskep word.

Dit maak nie sin nie. Waar gaan die geld gevind word vir die bykomende poste wat die president as deel van sy werkskeppingsprogram beloof het?

Dit is duidelik die minister en die regering is in ‘n skaakmatposisie en dit sal nie verander solank daar nie duidelike beleidsverandering aangebring word nie.

Navrae: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.