Die VF Plus is gereed om nuwe energie na die Emalahleni-munisipale raad en verligting aan Wyk 18-inwoners te bring. Reynorif, Spring Valley en Ben Fleur het die afgelope paar jaar toenemend gebuk gegaan onder feitlik geen dienslewering, swak munisipale-administrasie en bestuur.
Die VF Plus-kandidaat vir die komende tussenverkiesing, Sharon Schlachter, bied nuwe insig om werklike verbetering in die wyk en uiteindelik ook in die munisipale raad te bring.
Sharon se benadering tot munisipale dienslewering is dat diensleweringskwessies nie voltooi is voordat inwoners tevrede is nie.
Alhoewel dienslewering die verantwoordelikheid van die munisipaliteit is, is dit die VF Plus se oortuiging dat om paaie te verf, slaggate te herstel en parke skoon te maak, trots en eer na Witbank sal terugbring.
Sou Sharon as wyksraadslid verkies word, sal sy hierdie werkywer en toegewydheid handhaaf en sorg dat elke deel van Wyk 18 die beste diens kry en dat dieselfde standaarde oral gehandhaaf word.
Die inwoners van Reynorif, Ben Fleur en Spring Valley verdien ‘n omgewing om op trots te wees en die VF Plus sal voortgaan om hoër standaarde te stel.
Die VF Plus veg al jare in die Emalahleni-raad en daarom word inwoners aangemoedig om vir dié party te stem en so sy hand te sterk.
Hoe meer wyk- en proporsionele raadslede die party binne die munisipaliteit kry, hoe groter is die party se vermoë om sy kiesers se behoeftes in dié raad uit te dra en as waghond op te tree om korrupsie, wanbestuur en swak administrasie aan die groot klok te hang en uit te roei.
Navrae: 082 887 5403 / 072 885 3966 / 076 687 2830