Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Watertoevoer na Hondeklipbaai-gemeenskap onder bestuur van die Kamiesberg-munisipaliteit gestop

Volgens die munisipale bestuurder van die Kamiesberg-plaaslike munisipaliteit (Garies, Hondeklipbaai, Kamieskroon, Koingnaas, Leliefontein/Kamiesberg), mnr. Rufus Beukes, is watervoorsiening aan Hondeklipbaai onderbreek omdat die mynmaatskappy wat in die omgewing werksaam is, met die pompstelsel-infrastruktuur gepeuter het.

Dit het volgens hom veroorsaak dat skade aan die pyplyne en pomp, wat Hondeklipbaai van water voorsien, beskadig is.

Die munisipaliteit se mening is dat die mynmaatskappy die skade moet herstel.

Volgens die VF Plus bly voorsiening van dienste egter die primêre funksie van die munisipaliteit, asook herstel van die diens.

Die aanspreeklikheid vir koste is 'n verdere uitvloeisel wat die gemeenskap nie direk behoort te raak nie.

Terwyl Kamiesberg nou vereis dat die myn water per waterkar moet voorsien, is die gemeenskap van Hondeklipbaai reeds meer as 'n week lank sonder water.

Verskeie spertye om die fout te herstel, het al verstryk.

Die geskil behoort sonder verdere vertraging tussen die munisipaliteit en die mynmaatskappy besleg te word. Die verskuiwing van blaam soos tans beleef word, los geen probleem op nie.

Navrae: 066-211-4141

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.