fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus in Gauteng veroordeel aanvalle op nooddienswerkers ten sterkste

Die VF Plus in Gauteng veroordeel die voorval waar twee nooddienswerkers verlede Vrydag in die Dukathole-informele nedersetting in Germiston aangeval en beroof is, ten sterkste.

Een van die paramedici is gewond terwyl hulle besig was om ‘n gewonde pasiënt op die toneel te behandel. Beide noodwerkers is in ‘n hospitaal vir behandeling opgeneem. Die slagoffer is onderweg na die hospitaal oorlede.

Voorvalle waar noodpersoneel in kruisvuur beland, ambulanse met klippe bestook word en skerp spykers in die pad geplaas word om ambulanse tot stilstand te dwing, is aan die toeneem. Hierdie situasie kan nie langer geduld word nie.

Indien voorvalle toeneem en dit vir nooddienste onmoontlik is om brandpunt-gebiede binne te gaan om slagoffers te behandel, kan pasiënte wat gered kon word, moontlik sterf.

Nooddienswerkers word ook aan gevare blootgestel wanneer hulle in onlusgebiede moet werk om beseerdes te behandel.

Die VF Plus gaan dringend vrae stel aan die Gautengse LUR vir gesondheid, Nonmathemba Mokgethi, oor die beveiliging van ambulanse en personeel.

Private- en staatsambulansdienste is onder geweldige druk om te sorg dat pasiënte betyds noodbehandeling ontvang en na hospitale vervoer word.

Indien een of meer ambulanse of selfs noodpersoneel weens beserings of trauma nie hul werk kan verrig nie, kan dit tot vertragings ly wat mense se lewe in gevaar stel.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.