Die Ekurhuleni-koalisieregering, waarvan die VF Plus deel is, het ‘n skrywe gerig aan die uitvoerende hoof van Eskom, André de Ruyter, waarin die koalisie sy teenkanting uitspreek teen Eskom se voorgestelde tariefverhoging van 20,5%.
Die verhoging is onredelik weens verskeie faktore soos die heersende hoë werkloosheidskoers.
Die voorgestelde verhoging is ook ver bo die inflasiekoers van 5.5% wat ‘n aanduiding is dat inwoners dit eenvoudig nie kan bekostig nie.
Die gevolge van die 2020/2021-inperkings is nog lank nie verby nie. Talle sakeondernemings is nog onder druk en ander was genoodsaak om hul ondernemings af te skaal of selfs die deure te sluit.
Eskom sal moet herbesin oor die verhoging. Die publiek word reeds tot die uiterste beproef deur die swak ekonomie en die punt is bereik waar gewone salaristrekkers bloot nie ‘n buitensporige verhoging soos hierdie sal kan bekostig nie.
Navrae: 072 217 1951