Die VF Plus het die Dierebeskermingvereniging (DBV) in Spartan, Kemptonpark besoek na inligting dat dié vereniging noodgedwonge al sy bevrore en verkoelde kos asook duur medisyne en entstof moes weggooi na ‘n kragonderbreking van etlike dae in die gebied.
Die Ekurhuleni-metroraad is in die proses om die verouderde kragnetwerk op te gradeer wat die voormalige ANC-regering in die metro nooit behoorlik onderhou het nie. Gereelde kragonderbrekings het verlede jaar in die metro voorgekom.
Die DBV, wat honderde diere huisves, het verlede week R6 000 bestee vir die aankoop van medisyne en entstof. Die verlies aan kos en medisyne is ‘n groot terugslag omdat die DBV geen borgskap het nie.
Selfs die werkers wat op die perseel woon, se voedsel het in die slag gebly.
Die VF Plus versoek die gemeenskap om die plaaslike DBV te ondersteun met fondse en nie-bederfbare voedsel vir die werknemers.
Donasies kan ook via die DBV se webblad gemaak word: Kempton Park SPCA: Kempton Park SPCA (kemptonspca.co.za)
Navrae: 079 224 7321