fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus herdenk wildbewaarders op Wêreld-wildbewaardersdag

Die VF Plus in Mpumalanga het op die Wêreld-wildbewaardersdag wat op 31 Julie plaasgevind het, hulde gebring aan alle wildbewaarders in die provinsie vir hul onbaatsugtige diens om die wild- en plantlewe te beskerm.

Die heroïsme van veldwagters wat by die oorlog teen stropery betrokke is asook by die bewaring van ons natuurlike habitat, gaan dikwels ongesiens verby.

Dit is dus vir die VF Plus belangrik om hierdie helde in hul stryd te vereer en toe te sien dat hulle bemagtig word om hul stryd onvermoeid voort te sit.

Die party bedank ook diegene wat deur die regstelsel teen gevaarlike stropingsindikate, wat nie skroom om te moor nie, op te tree.

Dit sluit in gevalle helde soos kol. Le Roy Bruwer van die Valke wat tydens 'n lokval doodgeskiet is as gevolg van sy deeglike ondersoeke na renoster-stropery.

Respect Mathebula, ‘n veldwagter van die Nasionale Krugerwildtuin, het met sy lewe geboet tydens ‘n skietgeveg met stropers op 19 Junie. Veldwagters van die Nasionale Krugerwildtuin se werk verg daaglikse opofferinge en dapperheid. Mathebula was die eerste veldwagter wat in meer as 50 jaar deur stropers in die Krugerwildtuin vermoor is.

Die moord van enige veldwagter is 'n daad van aggressie deur gewetenlose individue en bendes.

Die VF Plus herinner die ANC-regering daaraan dat hierdie mense nie verniet moes sterf nie en dat meer hulpbronne nodig is om ons waardevolle fauna en flora te beskerm.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.