fbpx
Vryheidsfront Plus

Mogale City moet meer doen om plaaslike ondernemings by tenderprosesse te betrek om ekonomie te stimuleer

Die VF Plus het Mogale City-plaaslike munisipaliteit (Krugersdorp, Magaliesburg, Muldersdrift) se speaker, Noluthundo Mangole, versoek om meer plaaslike ondernemings as diensverskaffers te gebruik.

Luidens ‘n verslag voor die raad blyk dit dat slegs 15% van plaaslike ondernemings se name in die munisipaliteit se kontrakregister vir diensverskaffers verskyn.

Ondernemings in wit en swart besit in Mogale City is swaar getref deur die Covid-19-pandemie en ten einde die plaaslike ekonomie te laat herleef, moet daar geleenthede geskep word vir plaaslike ondernemings om aan tenderprosesse deel te neem en kontrakte te verkry eerder as om ondernemings van buite die munisipaliteit aan te stel.

Die groot probleem is die munisipaliteit se onredelike swart ekonomiese bemagtigingsvereistes wat sogenaamde ondernemings in wit besit uitknikker as diensverskaffers asook die onvermoë van plaaslike opkomende ondernemings om tenderdokumente volledig te voltooi.

Dit gee aanleiding daartoe dat kontrakte aan diensverskaffers van buite Mogale City toegeken word om die gras van openbare parke en sypaadjies te sny, munisipale geboue te herstel, onderhoudswerk te doen, klip en sand te verskaf en meubels vir onder meer biblioteke te verskaf.

Die munisipaliteit is afhanklik van belastinggeld om suksesvol te funksioneer en daarom glo die VF Plus dat plaaslike ondernemings, ongeag in wie se besit dit is, ondersteun en bemagtig moet word om werkskepping te stimuleer tot voordeel van die gemeenskap.

Die VF Plus sal voortgaan om druk op die munisipaliteit te plaas om alle plaaslike ondernemings by tenderprosesse in te sluit en die beste diensverskaffer aan te stel ongeag velkleur.

Navrae: 082 806 7891

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.