fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus-medelye ná moord op sekerheidswag tydens plaasaanval

Die VF Plus in Mpumalanga spreek hiermee sy medelye uit met die familie van 'n J&M/Fidelity ADT-reaksiebeampte wat vanoggend tydens 'n plaasaanval in die Brondal-omgewing buite Mbombela (Nelspruit) doodgeskiet is.

Die plaaseienaar is kritiek maar stabiel nadat hy ook deur die drie verdagtes geskiet is.

Dit is kommerwekkend dat die aanvallers in uniforms soortgelyk aan dié van sekuriteitswagte geklee was tydens die aanval aangesien hierdie soort voorvalle meer en meer begin plaasvind.

Hierdie aanval is 'n duidelike bewys, veral gedurende die Covid-19-inperkingstydperk, dat die polisie nie sy plig behoorlik sonder die hulp van plaas- en buurtwagte asook gemeenskapspolisiëringsforums kan nakom nie.

Die VF Plus het dit reeds verskeie kere duidelik gemaak aan Mpumalanga se LUR van gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, dat hierdie veiligheidstelsels weer in plek gestel moet word om die gemeenskap te beveilig en te hulp te snel indien nodig.

Pertinente vrae is ook aan hom gevra rondom landelike beveiliging in Mpumalanga.

Landelike gebiede en die boeregemeenskap is veral tydens die inperkingsperiode in 'n kwesbare situasie.

Die VF Plus sal voortgaan met sy stryd om die regering te laat besef dit is ‘n prioriteit om plaasaanvalle effektief te bekamp.

Die party bid die boer en die ander beseerdes `n spoedige herstel en beterskap toe.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.