Slegs enkele dae nadat die VF Plus ingegryp het oor die aanstelling van die beweerde swendelaar mnr. Tshepo Kgadima as nuwe voorsitter van PetroSA, het PetroSA die aanstelling omgekeer om ‘kontroversie’ te vermy, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor energie.
Adv. Alberts sê dit kan beskou as word as ‘n oorwinning vir die VF Plus en koerante soos die Business Day wat die aanstelling heftig teengestaan het.
Die VF Plus het onderneem om die saak deur die Openbare Beskermer (OB) te laat ondersoek, en sou ook vra dat die OB die verbintenis ondersoek tussen Tina Joemat-Pettersen, minister van energie, wat Kgadima volgens mediaberigte aanbeveel het vir die pos. Sy het die beskuldiging verlede week in die parlement ontken.
Bedrogklagte van miljoene rande word glo teen Kgadima ondersoek. Hy het na bewering terwyl hy bestuurshoof en president van LotohCoal was, honderde beleggers ingeloop deur aandele in fiktiewe projekte aan hulle te verkoop.
Adv. Alberts sê die VF Plus sal die saak steeds nie daar laat nie, en sal steeds van Joemat-Pettersen wil verneem of sy Kgadima wel aanbeveel het vir een van die strategies belangrikste poste in die land se energiebedryf, en waarom sy dit gedoen het.
“Kader-aanstellings ten koste van die ekonomie het nou reeds ‘n bekende patroon van die ANC se topbestuur geword. Maar om ‘n man met ‘n reputasie as internasionale swendelaar as voorsitter van ‘n liggaam soos PetroSA aan te stel, skreeu te hemele. Die VF Plus sal sorg dat antwoorde hieroor gegee word,” sê adv. Alberts.
Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403