Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Vakansieklub-ondersoek: Verbruikerskommissie handig aansoek teen puntestelsel-klubs in by Verbruikerstribunaal teen einde November

Die ondersoek na ongerymdhede in die vakansieklub-bedryf, in besonder die deel van die bedryf wat op ‘n puntestelsel werk, is voltooi en die verbruikerskommissie behoort einde vandeesmaand aansoeke teen van die puntestelsel-klubs by die verbruikerstribunaal in te dien, sê adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder vir handel en nywerheid.

Die ondersoek is dus nie gemik op vakansietyddeelprojekte wat saaklike regte verkoop soos die wat ingevolge die Wet op die Deeltitels verkoop is waar eiendomsreg in die akteskantoor geregistreer is nie. Die suksesvolle vakansietyddeelprojekte in Suid-Afrika waar tyddeel-eienaarskap op die deeltitelwet gegrond is, word dus by die ondersoek uitgesluit.

Adv. Alberts sê die adjunkkommissaris van die verbruikerskommissie, Thesi Mabusa, het aan hom bevestig dat die aansoeke reeds beteken is op die puntestelsel-klubs wat volgens die Verbruikerskommissie hulle skuldig maak aan die verbreking van die Wet op Verbruikersbeskerming.

Wanneer die tribunaal die aansoek teen maandeinde ontvang, kan hy die saak dan op sy rol plaas vir finale beregtiging. Die volgende aspekte is ter sprake:

Daar sal ook gekyk word na jurisdiksie-probleme by die hofproses omdat die puntestelsel-klubs klublede dagvaar vir skulde in jurisdiksies waar die lid moeilik kan uitkom om hom of haarself te verdedig.

Wat die gedragskode aanbetref wat vanuit die gelede van die bedryf moet kom, is die proses reeds aan die gang en volgens Mabusa kan die minister dit straks aanstaande jaar in die Staatskoerant publiseer met uitnodigings vir kommentaar deur die publiek.

Adv. Alberts sê die ondersoekproses het dit duidelik na vore laat kom dat probleme hoofsaaklik voorkom onder klubs wat suiwer op ‘n puntestelsel werk.

“Die VF Plus wil dit duidelik stel dat die ondersoek aan die gang gesit is na klagtes ontvang is oor punte-gefundeerde vakansieklubs. Die misbruike en verbreking van die wet kom hoofsaaklik voor in daardie sektor en nie in sektore waar klublede aan ‘n aandeleblok- of deeltitelskema deelneem nie.

“Daardie sektore blyk redelik probleemvry te wees en daar word ‘n versoek op klublede gedoen om nie sonder meer daardie deel van die bedryf te wantrou nie.

“Die vakansieklub-konsep is legitiem en lewer ‘n welkome bydrae tot land se ekonomie. Die foute daarin moet net reggestel word sodat die bedryf optimaal kan funksioneer en daar ‘n sinvolle sekondêre (tweedehandse) mark kan ontwikkel en bestaan vir mense wat hul produkte van die hand wil sit,” sê adv. Alberts.

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.