fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus gekant teen Gautengse regering wat NRO’s se fondse besnoei

Die Gautengse departement van maatskaplike ontwikkeling se besnoeiing van fondse aan nie-regeringsorganisasies (NRO’s) is uiters ondeurdag.

Dit is hierdie organisasies wat die werk verrig wat die departement veronderstel is om te doen.

Die VF Plus het in ‘n skrywe aan die LUR vir maatskaplike ontwikkeling, Mbali Hlophe, en die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, gevra dat die besluit hersien moet word.

Die departement van maatskaplike ontwikkeling het reeds gefaal en daarom is dit in werklikheid NRO’s wat sy werk verrig.

NRO’s staan juis diegene by wat dringend hulp nodig het soos slagoffers van geweld en kinders met geen ander heenkome nie.

Maatskaplike werkers voer daagliks ‘n stryd om diegene in nood te ondersteun in ‘n beroep waar hulle nie genoeg erkenning en ondersteuning ontvang nie.

Die VF Plus sal gedurende ‘n vrae- en antwoordsessie in die Gautengse wetgewer vrae aan die LUR stel oor die mate van besnoeiing.

Met die besnoeiing word NRO-personeel en maatskaplike werkers nou deel van Suid-Afrika se werkloosheid-statistiek terwyl mense wat dringend sorg nodig het, onversorgd gelaat word.

Dit mag nie gebeur nie.

Hierdie is weereens ‘n bewys dat die ANC nie optree in belang van die mees weerloses in Gauteng nie.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.