Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus gaan Tshwane-burgemeester spreek oor onbillike kragverhogings

Tswane se kragverhogings vir die nuwe finansiële jaar 2019/20 is onbillik en sal veral klein verbruikers benadeel en die VF Plus, wat deel is van die regerende koalisie, gaan dringend met die burgemeester ‘n gesprek voer om dit reg te stel.

Die tariefverhogings wat uitvoerende burgemeester Stevens Mokgalapa pas aangekondig het en wat op 1 Julie in werking sal tree, is 12%, maar ‘n nuwe struktuur is ook ingestel wat behels dat alle residensiële verbruikers ‘n vaste fooi van R200 sal betaal, ongeag of hulle elektrisiteit gebruik of nie.

Ander nuwe bepalings is:

Die impak van die veranderings kan geweldige gevolge inhou vir verbruikers, in besonder vir kleiner verbruikers, aangesien die vaste fooi van R200 sal veroorsaak dat hul persentasie-verhoging aansienlik hoër kan wees.

Daar sou verwag word dat indien verbruik laag is, die verbruiker bevoordeel sal word, wat met die nuwe struktuur nie die geval gaan wees nie. Klein-verbruikers is ook gewoonlik inwoners wat die mees kwesbaarste is vir verhogings, en hulle sal die swaarste geraak word.

Die VF Plus, wat deel is van die koalisie in Tswane, beskou die vaste tarief as onbillik, en gaan deur die koalisie-kanale die burgermeester hieroor spreek. Die party sal daarop aandring dat die struktuur en tariewe met die volgende raadsitting van 27 Junie 2019 reggestel word.

 

Kontaknommer: 072 815 4053

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.