Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus gaan klag by Menseregtekommissie indien teen uitvoerende hoof van Transnet

Die VF Plus gaan ‘n klag van haatspraak by die Menseregtekommissie (MRK) indien teen mnr. Brian Molefe, uitvoerende hoof van Transnet, oor sy rassistiese en dreigende uitsprake teen pensioenarisse van Transnet, sê adv. Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor vervoer.

Dit volg op die artikel van Sondag, 27 April, in Rapport oor die klasaksie-hofsaak van 67 000 verarmde Transnet-pensioentrekkers teen Transnet wat nou op 8 en 9 Mei in Noord-Gautengse Hooggeregshof (in Pretoria) begin.

Die eis beloop R79 miljard wat dit die grootste siviele eis in Suid-Afrika se geskiedenis maak.

Luidens die Rapport-berig het Molefe onder meer gesê die pensioentrekkers is ‘begunstigdes van apartheid wat op geen vergoeding aanspraak kan maak nie’.

Ook: ‘As hulle die revolusie in die strate verder wil voer, moet hulle net sê’. Laasgenoemde is klaarblyklik aan die hand van die optog wat die pensioenarisse verlede week saam met die VF Plus na die Uniegebou in Pretoria onderneem het.

Volgens adv. Alberts is die uitsprake van Molefe nie net onwaar nie, maar is dit rassisties en tas dit die waardigheid aan van die pensioenarisse wat reeds in ellende gedompel is weens die stroping van hul pensioenfondse.

“Al hierdie mense het ‘n bydrae tot een van die fondse gelewer, en daardie geld is ter sprake. Boonop is mnr. Molefe oënskynlik nie daarvan bewus dat sowat die helfte van die eisers swart, bruin en Indiërmense is nie.

“Hierdie uitsprake is onaanvaarbaar vir iemand van mnr. Molefe se statuur. Dalk moet hy ook verduidelik wat hy bedoel met sy dreigement rakende die protes-optog wat hy klaarblyklik as ‘n ‘revolusie’ sien.

“My boodskap aan Molefe is dat die pensioenarisse nie gunste en gawes vra nie. Hulle vra wat hulle toekom en waarvoor hulle ‘n lewe lank gewerk het. Beledigings en dreigemente gaan nie werk nie. Die hof is die plek om te gaan verduidelik wat van die mense se geld geword het,” sê adv. Alberts.

 

 

Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403

 

 

 

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.