fbpx
Vryheidsfront Plus

Landbouers verdien meer respek van publiek en politici

Daar is nie genoeg waardering by Suid-Afrika se publiek en by sommige politieke leiers vir die belangrike rol wat landbouers in die land speel nie.

Dit was die tema van die boodskap van dr. Pieter Mulder, adjunkminister van landbou, bosbou en visserye vanoggend op die Bloemskou in Boemfontein gebring het aan boere, en veeboere in die besonder.

Dr. Mulder, wat by die Santa Gertrudis-deel van die skou gepraat het, het gewys op die belangrikheid van veeboerdery en gesê dit het tussen 1996 en 2008 sowat 42% van die land se bruto binnelandse landbouproduk bygedra.

Sowat 68% van Suid-Afrika se totale landbou-grondoppervlakte word vir weiding gebruik omdat dit nie geskik is vir enige ander vorm van landbou nie, terwyl slegs 14% as hoë potensiële landbougrond geklassifiseer word.

Volgens navorsing van die Landbou-Navorsingsraad is 40% van alle beeste in Suid-Afrika in besit van kommunale- en kleinboere maar dat hulle net sowat 5% van Suid-Afrika se vleis lewer.

Volgens dr. Mulder is eienaarskap van beeste belangrik vir politieke stabiliteit in plattelandse gebiede, maar beteken dit dat ‘n groot deel van die land se lewende hawe nie benut word in die ekonomie nie. Hierdie probleem word tans deur ‘n aantal projekte behandel, en dit kan mettertyd bedra tot armoedeverligting en die ontwikkeling van landelike gebiede.

Dr. Mulder het verwys na die probleme wat veeboere mee te kampe het en het onderbemande staats-veeartsenydienste, probleemdiere wat skade veroorsaak en veediefstal uitgesonder. Hy het gesê die regering het die verantwoordelikheid om navorsings- en tegnologiese kapasiteit te verhoog om sodoende dieresiektes en peste meer effektief te bestry.

“Die grootste enkele probleem in landbou is tans sekerlik onsekerheid. Onsekerheid oor die toekoms, onsekerheid oor al groter regeringsinmenging en onsekerheid oor grond.

“Die heropening van grondeise skep geweldige onsekerheid en onstabiliteit. Werkskepping en voedselsekerheid gaan beslis hierdeur benadeel word,” sê dr. Mulder.

 

 

Kontaknommers: 082 674 6670 / 083 419 5403

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.