Die VF Plus in die Emfuleni-plaaslike munisipaliteit het ‘n dag voor die nasionale inperking ontsmettingsmiddels aan 300 huisgesinne in Vanderbijlpark voorsien.
Die duisend liter hand- en oppervlakreiniger is deur ‘n plaaslike onderneming Value Cleaner aan die VF Plus geskenk vir die verspreiding onder hoofsaaklik minderbevoorregte gesinne wat nie ontsmettingsmiddels kan bekostig nie.
Sowat 156 huisgesinne in die CW5-laekoste behuisingsprojek en 150 gesinne wat op kleinhoewes aan die suide van Vanderbijlpark woon, het elkeen ‘n 400ml bottel ontsmettingsmiddel ontvang.
Die VF Plus is gereeld by opheffingswerk en noodprojekte in Emfuleni betrokke en sal aanhou om die belange van inwoners eerste te stel.
Kontaknommer: 076 616 2124


