Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis optrede weens gesondheidskrisis in Matjhabeng

Die voortslepende rioolkrisis in die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit het in ‘n ernstige gesondheidskrisis ontaard.

Die munisipaliteit is nou die direkte oorsaak van siekte-uitbrekings weens die feit dat riool in natuurlike hulpbronne, strate en inwoners se eiendomme vloei.

Die afgelope twee weke was daar gevalle waar jong kinders vermoedelik as gevolg hiervan siek geword het.

In een geval het hierdie vier patogene voorgekom: Rotavirus A, Campylobacter, EAEC (E. coli) en Cryptosporidium.

Die teenwoordigheid van hierdie patogene is waarskynlik weens besoedelde water en dui op ‘n ernstige gesondheidsrisiko.

Matjhabeng is daarvoor bekend dat sy rioolinfrastruktuur vir jare nie in stand gehou is nie en dat inwoners blootgestel word aan menslike afval wat vrylik vloei.

Die VF Plus het in ‘n skrywe aan die Vrystaatse departement van samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta) en die munisipaliteit daarop aangedring dat dringende stappe geneem word om die verdere uitbreking van siektes te voorkom.

Die menseregtekommissie (MRK) het in sy 2024-verslag oor die stand van plaaslike regering in die Vrystaat bevind dat die munisipaliteit in stryd met die Grondwet en omgewingswetgewing optree deurdat die rioolprobleme nie behandel word nie.

Dit is tyd dat daar teen munisipale amptenare opgetree word wat daartoe bydra dat grondwetlike regte, soos die reg op ‘n skoon en veilige omgewing, geskend word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.