Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis dat watertoevoer na huishoudings in Matlosana onmiddellik herstel word

Die VF Plus het vandag in ‘n skrywe aan die waarnemende hoof finansiële beampte van die ANC-beheerde Matlosana-plaaslike munisipaliteit (Klerksdorp, Stilfontein, Orkney en Hartbeesfontein) Peter Thelele, versoek dat die watertoevoer na huishoudings in dié gebied onmiddellik herstel word.

Dit moet geld tot tyd en wyl die munisipaliteit ‘n behoorlike rekonsiliasie van watermeterlesings gedoen het.

Die VF Plus is sedert Woensdag oorval met klagtes uit die gemeenskap nadat die munisipaliteit onverwags lukraak begin het om huishoudings se watertoevoer af te sny.

By nadere ondersoek is gevind dat sommige van die inwoners soveel as R8 000 in krediet is ten opsigte van hul waterrekeninge.

Diensterekeninge in die munisipaliteit is lank reeds in ‘n chaotiese toestand met die munisipaliteit wat rekeninge uitreik wat vir maande op blote skattings gebaseer is.

Die VF Plus het die munisipaliteit al by herhaling versoek om korrekte rekeninge te verskaf en op te hou om getroue belasting- en dienstebetalers te teister met eensydige maatreëls, gegrond op foutiewe data.

Die VF Plus sal aanhou druk toepas en die situasie monitor om te verseker dat getroue belastingbetalers nie wederregtelik deur die munisipaliteit benadeel word nie.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.