Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis dat LUR Matjhabeng besoek

Die VF Plus eis dat die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, Thembeni Nxangisa, die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Welkom, Odendaalsrus, Allanridge, Virginia en Henneman) besoek en aan inwoners verduidelik wat gedoen gaan word om die munisipaliteit te red.

Die LUR, Matjhabeng se burgemeester, Nkosenjani Speelman en die munisipale bestuurder, Elias Tsoaeli, het geen ander keuse nie as om inwoners tydens ‘n openbare vergadering toe te spreek en te verduidelik waarom die munisipaliteit in so ‘n verknorsing is.

Die VF Plus se LPW in die Vrystaatse wetgewer, Dévar Smith, het Dinsdag die versoek aan Nxangisa gerig.

Dienslewering in die munisipaliteit het tot stilstand gekom. Riool vloei in die strate, water word vermors terwyl die munisipaliteit Sedibeng Water teen Augustus vanjaar meer as R2 miljard vir waterdienste geskuld het. Instandhouding en herstelwerk vind nie plaas nie. Vullis word nie verwyder nie en slaggate is die norm.

Vuisvoos betalende inwoners is moedeloos en doen soms selfs herstelwerk net om dienste soos water te verseker.

Matjhabeng is ‘n voorbeeld van hoe swak ANC-staatsbeleid die land vernietig. ANC-kaders het die munisipaliteit tot só ‘n mate finansieel geplunder dat inwoners bykomend moet opdok vir dienste waarvoor hulle reeds betaal.

Die tyd het aangebreek dat die ANC nou verantwoordelikheid neem vir sy mislukkings in Matjhabeng.

Die ANC regeer die munisipaliteit en die provinsie. Dieselfde ANC het toegelaat dat sy politieke leiers inwoners van dienste besteel. Dieselfde ANC moet nou verduidelik wat sy plan met die munisipaliteit is.

Kontaknommer: 076 629 6219

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.