Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Emfuleni se waterdruk daal vanaf 1 Oktober met 20%

Die inwoners van Emfuleni-plaaslike munisipaliteit word nou verder gestraf deur die onvermoë van die stadsraad om die dorp suksesvol te bestuur nadat Randwater gedreig het om vandag (1 Oktober) die waterdruk met 20% te verlaag.

Emfuleni-munisipaliteit skuld Randwater R423 404 724.88. Die munisipaliteit het herhaaldelik belowe om hul skuld te delg, maar kom nie hul afbetalingsooreenkoms na nie. Randwater dreig om die krane nog stywer toe te draai as Emfuleni nie met ‘n oplossing na vore kom nie.

Die verminderde waterdruk deur Randwater gaan veroorsaak dat mense wat in hoogliggende dele woon, feitlik geen water ontvang nie.

Die VF Plus doen ‘n beroep op inwoners om voorsorgmaatreëls te tref en hou die Emfuleni-munisipaliteit verantwoordelik vir hierdie nuwe krisis wat die dorp in die gesig staar.

Kontaknommer: 083 263 9590

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.