Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis antwoorde na nege verhoorafwagtendes uit Badplaas-polisiekantoor ontsnap

Die VF Plus het vandag vrae gerig aan Mpumalanga se LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, om die omstandighede rondom die ontsnapping van nege verhoorafwagtende mans uit polisie-aanhouding in Badplaas/eManzana te verduidelik.

Die nege gevangenes is vir verskillende klagte, insluitende moord, by die polisiekantoor in die Albert Luthuli-plaaslike munisipaliteit (Carolina, Ekulindeni, Empuluzi, eManzana) aangehou.

Die beskuldigdes het verlede week glo ongesiens 'n gat in die dak gemaak en komberse aanmekaar gebind wat as tou gebruik is om te ontsnap. Een voortvlugtende is intussen in hegtenis geneem maar die ander agt is nog op vrye voete.

Die ontsnapping volg kort nadat 'n gevangene in April uit die Barberton-tronk ontsnap het.

Dit is kommerwekkend dat hierdie soort ontsnappings slaag.

Die VF Plus wil weet watter maatreëls is in plek om dit te voorkom.

Die LUR sal moet verduidelik of die departement se bestuurspraktyke en sekuriteitsstelsels in plek is.

Die VF Plus sal druk toepas om te verseker dat enige moontlike ongerymdhede rondom die ontsnapping blootgelê word.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Die Redaksie

Emakhazeni moet verduidelik oor slimmeter-chaos

Inwoners van die Emakhazeni-plaaslike munisipaliteit (Belfast, Machadodorp, Dullstroom, Waterval Boven) ervaar ernstige finansiële en ander ontberings weens die gebrekkige uitrol van nuwe slimkragmeters. Talle klagtes

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.