fbpx
Vryheidsfront Plus

Openbare deelname in Phokwane sluit sekere gemeenskappe uit

Die openbare deelnameproses in die Phokwane-plaaslike munisipaliteit (Hartswater, Jan Kempdorp en Pampierstad) rakende die konsepbegroting vir die 2022/23-finansiële jaar, neig om ‘n deel van die gemeenskap uit te sluit.

Die openbare deelnameproses het op 12 Mei afgeskop en duur tot 19 Mei.

Hierdie proses word kragtens die Munisipale Finansiële Bestuurswet gevolg en bied aan die plaaslike gemeenskap die geleentheid om deel te neem aan die munisipale besluitnemingproses.

Daar word in elke wyk 'n vergadering gehou, maar telkens op plekke soos Sakhile, Jan Kemp Primary School en "Hartswater Sportsground".

Daar bestaan boonop verwarring oor die ligging van die Hartswater-sportgronde want dié sportgronde bestaan al vir jare nie meer nie. Dit kan wees dat daar verwys word na ‘n area in die Nkandla-informele nedersetting wat soms vir sportaktiwiteite gebruik word.

Dit wil voorkom of die ANC-beheerde munisipale raad doelbewus poog om ‘n gedeelte van die plaaslike gemeenskap te ontmoedig om aan hierdie proses deel te neem om sodoende hul grondwetlike reg uit te oefen.

Die VF Plus se raadslid in Phokwane, Estelle Davies, het ‘n skrywe gerig aan die waarnemende munisipale bestuurder, me. Busisiwe Mngaguli en die burgemeester, mnr. Tebogo Africa, waarin sy hulle versoek om vergaderings ook elders te hou.

Die Hartswater-stadsaal, die Boereverenigings se lokale in Tadcaster en Magogong, sowel as Andalusia Laerskool in Jan Kempdorp is terreine wat gebruik kan word.

Die VF Plus-raadslede in Phokwane en die Frances Baard-distriksmunisipaliteit beoog om ‘n videovoorlegging vry te stel waarin die begroting behandel word en die gemeenskap sal die geleentheid kry om hul insette per e-pos aan die raadslede te stuur.

Insette kan aan die volgende e-posadres gestuur word: dienslewering@vfplus.org.za

Die party doen ‘n beroep op die gemeenskap om insette te lewer en sodoende hul raadslid se hande te sterk wanneer sy beswaar teen die begroting moet aanteken.

Die VF Plus sal nie toelaat dat hierdie gemeenskap se regte van hulle ontneem word nie.

 

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Mark Surgeon

Tshwane-metro minag Strukturewet

Die Tshwane-metroraad het gister tydens ʼn raadsvergadering die Munisipale Strukturewet geminag deur ʼn verslag wat handel oor ʼn ANC-raadslid wat ses agtereenvolgende raadsvergaderings nie bygewoon

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.