fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus eis antwoorde ná ontsnapping van 12 uit polisie-aanhouding in Mpumalanga

Die VF Plus wil antwoorde hê van Mpumalanga se LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, oor die omstandighede rondom die ontsnapping van 12 gevaarlike verhoorafwagtendes uit polisie-aanhouding in Komatipoort.

Die ontsnaptes het tereggestaan op aanklagte van verkragting en gewapende roof. Hulle is aangehou by die polisiekantoor in die Nkomazi-plaaslike munisipaliteit (Komatipoort, Malalane, Marloth Park).

'n Voorlopige verslag het aan die lig gebring dat daar 'n bakleiery tussen die polisie en die gevangenes in die aanhoudingselle was, en dat een polisiebeampte tydens die geveg beseer is. Die gevangenes kon daarin slaag om met twee dienspistole en ammunisie te vlug.

Twee ontsnaptes, onderskeidelik 27 en 34 jaar oud, is sedertdien weer by die Lebombo-grens naby Komatipoort in hegtenis geneem nadat hulle glo probeer het om na Mosambiek oor te steek.

Dit is die derde soortgelyke ontsnapping vanuit aanhouding sedert April in die provinsie.

'n Gevangene het in April uit die Barberton-tronk ontsnap en nege in Mei uit polisie-aanhouding in Badplaas/eManzana.

Dit is kommerwekkend dat hierdie soort ontsnappings so gereeld voorkom.

Die provinsie steier reeds onder hoë vlakke van misdaad en voorvalle soos hierdie ondermyn die vertroue van die gemeenskap in die owerhede.

Die VF Plus wil weet watter maatreëls is in plek om dit te voorkom en het 'n vergadering hieroor met die LUR belê.

Die LUR sal moet verduidelik of die departement se bestuurspraktyke en sekuriteitstelsels in plek is.

Die VF Plus sal druk toepas om te verseker dat enige moontlike ongerymdhede rondom die ontsnapping blootgelê word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.