Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus dring aan op dringende uitreiking van okkupasiesertifikate vir skole in Tshwane

Die VF Plus dring daarop aan dat die Tshwane-metroraad se departement van ekonomiese ontwikkeling en ruimtelike beplanning onmiddellik die nodige okkupasiesertifikate vir skole in die metro uitreik.

Hierdie oproep volg nadat die Gautengse departement van onderwys die saak onder die VF Plus se aandag gebring het.

Die Ratanang Primêre Skool in Hammanskraal, wat reeds voltooi is, kan steeds nie deur die 1 200 leerders betrek word nie omdat die okkupasiesertifikaat nie uitgereik is nie. ’n Soortgelyke probleem bestaan by die Rietondale Secondary School, waar 70 leerders direk geraak word.

Hierdie situasie is onaanvaarbaar en wys op ’n ernstige gebrek aan samewerking tussen die verskillende sfere van regering.

Die VF Plus beklemtoon dat die reg van leerders tot veilige en geskikte onderwysgeriewe nie vertraag mag word weens burokratiese rompslomp nie.

Die party is verder bekommerd dat hierdie probleem nie tot die twee skole beperk is nie, maar moontlik ’n wyer tendens in die metro verteenwoordig.

Die VF Plus sal aanhou druk uitoefen op die Tshwane-metroraad om te verseker dat die betrokke departement sy pligte nakom en dat okkupasiesertifikate betyds uitgereik word.

Só kan leerders uiteindelik toegang kry tot die skole wat vir hulle gebou is.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.