Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus dring aan op dringende beskerming vir wetstoepassers in Mpumalanga

Die VF Plus in Mpumalanga het ’n dringende skrywe by die provinsiale wetgewer ingedien waarin ernstige kommer uitgespreek word oor die toenemende aantal gewelddadige aanvalle en moorde op polisielede in die provinsie.

Die tragiese moord van konstabel Khulani Shabangu (29) op 30 Mei 2025 in Lillydale (naby Calcutta), beklemtoon die dringendheid van hierdie krisis.

Shabangu, ’n lid van die Volksrust-polisie se sigbare polisiëringseenheid, is in ’n haarsalon oorrompel, van sy klere gestroop en buite die perseel doodgeskiet voordat die aanvallers in sy diensvoertuig gevlug het. Hierdie grusame daad kan nie verskoon word nie.

Diegene wat ons veiligheid moet beskerm, is nou self in gevaar. Wetstoepassers word geteiken, in lokvalle gelei en selfs in hul eie huise aangeval of vermoor.

Hierdie barbaarse aanvalle is nie net misdade nie, maar ’n regstreekse aanval op openbare orde.

Daar kan nie van polisiebeamptes verwag word om hul lewe daagliks in gevaar te stel indien die staat nie hul veiligheid en welstand prioritiseer nie.

Die VF Plus het nou versoek dat die LUR vir die departement van gemeenskapsveiligheid, mnr. Jackie Macie, die volgende stappe dringend oorweeg:

• ’n Volledige risiko-assessering aangaande polisieveiligheid;
• ’n Beskermingsstrategie vir beamptes, insluitend trauma-berading, intelligensie-ondersteuning en operasionele protokolle;
• Volledige ondersoeke na aanvalle op polisielede, met geen ruimte vir wetteloosheid nie; en
• ’n interne program wat fokus op die geestesgesondheid en welstand van beamptes.

Die ANC-regering mag nie wag vir nóg ’n tragedie voordat hy optree nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.