Hiermee word u genooi na 'n mediakonferensie waar dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, inligting bekend sal maak oor ‘n klag van korrupsie wat die party by die OB ingedien het oor beweerde korrupsie in Noordwes.
Die premier van Noordwes, Supra Mahumapelo en ‘n bekende landbou-opleidingsmaatskappy word by die aangeleentheid betrek.
Datum : Dinsdag 24 April, 2018
Tyd : 12:30
Plek : Pleinstraat 90, 8ste Vloer, Parlement, Kaapstad
Vir nader inligting, skakel Pieter Swart by 065 801 7216


