Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Behoorlike infrastruktuur nodig vir volhoubare werkskepping

Hier volg uittreksels uit VF Plus-LPW, Tammy Wessels, se toespraak tydens die begrotingsposdebat van die Vrystaatse departement van openbare werke en infrastuktuur vandag in die Vrystaatse Wetgewer.

Die Vrystaatse departement van openbare werke en infrastuktuur verkeer waarskynlik in die slegste finansiële posisie van al die departemente in die Vrystaat.

Dit is onaanvaarbaar dat daar miljoene rand aan kontrakteurs betaal word terwyl swak gehalte diens ontvang word. Die Philip Sanders-provinsiale oord wat in 2010 teen R150 miljoen opgegradeer is, staan tans vervalle.

Die departement se opgelope uitgawes van nagenoeg R506 miljoen, asook sy geprojekteerde begrotingstekort van R704 miljoen sal beteken dat die broodnodige infrastruktuuronderhoud wat nodig is in die Vrystaat deeglik beplan en bestuur sal moet word.

Tenderpreneurs, onbevoegdheid, korrupsie en swak beplanning sal dringend aangespreek moet word.

Tenders sal aan bevoegde kontrakteurs gegee moet word, wat kwaliteit werk binne ‘n vasgestelde tydsraamwerke en teen ‘n billike prys kan doen. Die departement moet deeglik beplan en behoorlike gevolgebestuur toepas vir beide amptenare wat onverantwoordelik met belastingbetalers se geld omgaan, sowel as diensverskaffers wat nie by tydsraamwerke en kontraktuele bepalings hou nie.

‘n Verdere bron van kommer is die Uitgebreide Openbare Werke Program (EPWP) wat veronderstel is om as werkskeppingsmeganisme vir die departement te dien. Die program bied nie volhoubare werksgeleenthede vir die gemeenskap nie. Die staat is nie veronderstel om werk te skep nie, maar eerder om ‘n gunstige klimaat vir werkskepping te skep.

Die staat moet infrastruktuurontwikkeling en –instandhouding prioritiseer en sodoende ‘n gunstige klimaat vir die privaatsektor skep om die ekonomie te stimuleer en werk te skep.

 

Kontaknommers: 082 490 6663

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.