fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus dien klag by MRK in oor rioolbesoedeling by Die Oog

Die VF Plus het vandag ‘n klag by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) ingedien oor rioolvuil wat by Die Oog Aftree-landgoed in die Modimolle-Mookgopong-plaaslike munisipaliteit gestort word. Die klag is teen die ontwikkelaar van die landgoed.

Die VF Plus het ook die bestuur van die landgoed gehelp om ‘n afsonderlike klag teen die ontwikkelaar by die Groen Skerpioene in te dien.

Die VF Plus dring daarop aan dat die munisipaliteit dadelik ingryp deur eerstens ‘n gesondheidsinspekteur opdrag te gee om die probleem deeglik te ondersoek en om die ontwikkelaar te versoek om die probleem dringend op te los.

Die onus lê immers op die munisipaliteit om toe te sien na die welstand van al sy inwoners.

Die argelose houding jeens inwoners van die Modimolle-Mookgopong-munisipaliteit se basiese reg op ‘n omgewing wat nie skadelik is vir hul gesondheid en welstand nie is onaanvaarbaar, en die VF Plus het oorlog verklaar teen hierdie onbevoegdheid en swak diens.

Om hierdie rede het die party onlangs klagte ingedien by verskeie instansies soos die MRK, Groen Skerpioene en die polisie oor onder meer rioolbesoedeling by ‘n skool langs die Abraham Kriel-kinderhuis in Modimolle en die besoedeling van die Nylrivier met bloed en ander afval van die munisipale abattoir op die dorp.

Kontaknommer: 078 617 8682

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.