Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus bevestig groei met kundige en ervare span parlementslede

Die VF Plus het sy uitstaande groei by die stembus bevestig met ‘n kundige en ervare span parlementslede en ampsbekleërs om die belange van dié party se kiesers op die hoogste politieke platforms te verteenwoordig.

Uit die tien parlementslede is daar drie doktorsgrade (drs. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, Corné Mulder, leier in die Wes-Kaap en Wynand Boshoff, leier in die Noord-Kaap).

Hierbenewens is daar twee gegradueerdes, een van hulle (Heloïse Jordaan) is ‘n praktiserende prokureur. Die parlementslede as ‘n eenheid het ook bewese kundigheid op al drie vlakke van regering – plaaslik, provinsiaal en nasionaal.

Die span bied ‘n goeie mengsel van jeug en ervaring terwyl vroue die VF Plus vir die eerste keer in die parlement verteenwoordig. Hulle is Heloïse Jordaan en Tammy Wessels, die party se jeugleier.

Die leier van die VF Plus, dr. Pieter Groenewald, is ‘n deurwinterde politikus wat sedert 1988 as burgemeester gedien het, in 1989 parlementslid geword het en selfs twee jaar (1999 tot 2001) lid van die provinsiale wetgewer in Noordwes was om sodoende ervaring op al drie vlakke van regering op te doen.

Hy het ‘n B.Juris-regsgraad, ‘n meestersgraad in bestuur en ontwikkeling en ‘n doktorsgraad in politieke studies. Die tema van sy proefskrif is die Suid-Afrikaanse Nasionale Kiesstelsel – ‘n Kritiese Ontleding en Alternatiewe.

Hy is tans ook die langsdienende lid van die parlement se portefeuljekomitee oor polisie.

Die volledige lys is: (Parlemenetslede).

1. Dr. Pieter Groenewald
2. Dr. Corné Mulder
3. Mnr. Wouter Wessels
4. Mnr. Phillip van Staden
5. Dr. Wynand Boshoff
6. Mnr. Jaco Mulder
7. Mev. Tammy Wessels
8. Mnr. Piet Mey
9. Mnr. Michal Groenewald
10. Me. Heloise Jordaan

Lede van die Nasionale Raad van Provinsies:

1. Mnr. Fanie du Toit (Noordwes)
2. Mnr. Armand Cloete (Vrystaat)

Lede van provinsiale wetgewers:

1. Mnr. Peter Marais (Wes-Kaap)
2. Mnr. Theo Coetzee (Oos-Kaap)
3. Mnr. Danie Coetzee (Noord-Kaap)
4. Mnr. Werner Weber (Mpumalanga)
5. Me. Marcelle Maritz (Limpopo)
6. Adv. Anton Alberts (Gauteng)
7. Me. Amanda de Lange (Gauteng)
8. Mnr. Kobus Hoffman (Gauteng)
9. Mnr. De Wet Nel (Noordwes)
10. Mnr. Erns Kleynhans (Noordwes)
11. Mnr. Devar Smit (Vrystaat)

Kontaknommers: 083 627 4397 / 065 801 7216

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.