fbpx
Vryheidsfront Plus

VF Plus bekommerd oor toename in geweld teen vroue

Vrouedagvieringe op 9 Augustus het weereens plaasgevind met ‘n skok oor die aanhoudende toename in geweld teen vroue nadat video’s van geweldsvoorvalle by 'n nagklub in Fourways en 'n insident by 'n KFC kitskos-restaurant in Montana groot nuus op veral sosiale media was, sê Amanda de Lange, VF Plus-raadslid vir Mogale City/Krugersdorp, Gauteng.

Sy sê die Fourways-voorval is veral skokkend omdat die adj.min. van hoër onderwys, mnr. Mduduzi Manana, glo die persoon is wat twee vroue aangerand het.

“Hierdie dubbele aanranding is die jongste in 'n reeks voorvalle van openbare geweld teen vroue die afgelope tyd. Dit feit dat die minister nie onmiddellik in hegtenis geneem is nie, stuur die boodskap aan die publiek dat die ANC nie werklik erns met die saak het nie.

“Geweld teen vroue en kinders is 'n prioriteitsmisdaad, en hierdie versuim om onmiddellik op te tree is 'n klap in die gesig vir vroue in Suid Afrika. Die boodskap wat dit uitstuur is dat vroue tweederangse burgers in die land is.

“Die polisie moet in alle gevalle daadwerklik en sonder voorbehoud optree en hul optrede mag hoegenaamd nie deur politieke oortuigings beïnvloed word nie.

“Adj.min. Manana moes na sy bekentenis en openbare verskoning summier uit sy amp verwyder word. Dit is onaanvaarbaar dat die regstelsel die weerlose vroue en kinders van ons land herhaaldelik in die steek laat.

“Tensy die ANC-regering nie die politieke wil het om opbouende en positiewe veranderings aan ons morele en sosiale waardestelsels aan te bring nie, wag daar 'n donker toekoms op die weerloses van ons land – nog ‘n betreurenswaardige nalatenskap van die ANC regering,” sê De Lange.

 

Kontaknommers: 071 604 9498

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.