Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

VF Plus bekommerd oor algemene administrasie van Gautengse onderwysdepartement

Die VF Plus is uiters bekommerd oor die algemene administrasie van die Gautengse onderwysdepartement.

Een van die probleme is die uitgawebestuur soos onderstreep in die Ouditeur-generaal se verslag vir die 2018/19 finansiële jaar.

Onreëlmatige besteding en onderbesteding word groter in ‘n tyd wanneer dit nodig is om meer effektief te werk te gaan met geld wat kinders se toekoms bepaal. Die VF Plus neem kennis van die remediërende stappe wat wel geneem word en sal dit monitor.

Die VF Plus is verder bekommerd dat die kwessie van toegang gebruik word om Afrikaanse skole te teiken wat ‘n klein persentasie van alle skole in Gauteng uitmaak.

Gauteng se LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, het vandag erken dat amper 50% van skole in Gauteng nie vol is nie. Sy fokus moet dus eerder wees op die effektiewe gebruik van dié skole sonder om moedertaal-onderrig af te skeep. Die onderwysdepartement het self erken hoe belangrik moedertaal onderrig is.

Die departement moet dus wegbeweeg van taal- en rassepolitiek en fokus op goeie bestuur vir alle leerlinge. Nie almal kan onderrig word in Engels nie en daarom moet moedertaalonderrig geïmplementeer word.

Indien die departement sou fokus op goeie dienslewering, sal foute soos die gebrekkige aanlyn-plasingstelsel uitgeskakel word.

Kontaknommer:082 391 3117

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.