Die VF Plus is dankbaar vir die waardevolle rol wat die media speel om as waghond in diens van die gemeenskap op te tree teen korrupsie in die staatsdiens en regering, sê Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder oor openbare ondernemings.
Die jongste bewys hiervan is ‘n ondersoek wat Rapport gedoen het na grootskeepse ongerymdhede wat vermoedelik plaasgevind het met Transnet se tenderproses van R50 miljard vir lokomotiewe.
Gegrond op hierdie ondersoek en die inligting daarin vervat, gaan die VF Plus die Openbare Beskermer (OB) vra om klagte van wanadministrasie en bedrog teen die betrokke amptenare te ondersoek.
Kontaknommers: 082 391 3117 / 083 419 5403