fbpx
Vryheidsfront Plus

Ventersburg-brande: VF Plus vra OB om wit olifant te ondersoek

Die VF Plus het die openbare beskermer (OB) versoek om ondersoek in te stel na die Matjhabeng-plaaslike munisipaliteit (Allanridge, Hennenman, Odendaalsrus, Ventersburg, Virginia, Welkom) se mislukte Mmamahabane-brandweerstasie in Ventersburg.

Dié brandweerstasie is in 2015 deur die munisipaliteit ingehuldig. Sedertdien staan die stasie, wat belastingbetalers R14 miljoen gekos het, in onbruik. Dit is ook geplunder.

Intussen het verwoestende veldbrande die afgelope naweek na raming 25 000ha se skade aangerig. Boere van die omgewing het van Vrydag tot Sondag gespook om die vure te blus.

Indien die brandweerstasie operasioneel was, sou die brande en gevolglike skade beperk kon word.

In 'n skriftelike antwoord op ‘n vraag van die VF Plus in die Vrystaatse wetgewer in Junie vanjaar, het die LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Thembeni Nxangisa, aangedui dat die munisipaliteit besig was om herstelwerk aan die stasie af te handel. Werwing van brandweerpersoneel sou dieselfde maand begin.

Tydens ‘n tweede ter plaatse besoek aan die stasie deur die VF Plus die afgelope Maandag was dit duidelik dat die stasie steeds in onbruik is.

Die VF Plus is van mening dat hierdie wit olifant ondersoek moet word.

Die gemeenskappe van Ventersburg kan nie onvoltooide en onbenutte projekte bekostig terwyl dit tot voordeel van hul veiligheid gebruik kon word nie.

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.