Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Veertien verdagtes vrygespreek in Krugersdorpse bendeverkragtingsaak

Die uitspraak in vandag se bendeverkragtingsaak in Krugersdorp, waar veertien verdagtes vrygespreek is op alle aanklagte, is ‘n voorbeeld van onvoldoende speurwerk.

Die agt klaers in die saak, is in die steek gelaat.

Die inhegtenisneming van 150 verdagtes waarvan 14 later in die hof verskyn het, se DNS-toetse kon hulle nie met die misdaad verbind nie.

Alle klagte van verkragting, seksuele aanranding en diefstal met verswarende omstandighede teen die verdagtes is laat vaar.

Daar was groot openbare druk op die polisie om die saak op te los en die VF Plus het verwag dat senior, kundige speurders die saak sou ondersoek.

Dit was oënskynlik nie die geval nie.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.