fbpx
Vryheidsfront Plus

Veelparty-koalisie stuit ANC in Johannesburg

Die veelparty-regering in Johannesburg het die ANC Vrydagaand in sy spore gestuit toe hulle ‘n mosie van wantroue teen die burgemeester en speaker suksesvol afgeweer het met die steun van die VF Plus en ander koalisievennote, sê Franco de Lange, VF Plus-raadslid in die Johannesburgse metroraad.

“Die ANC het alles in die stryd gewerp om die burgemeester, Herman Mashaba, en speaker, Vasco Da Gama, te ontsetel. Die mosie is so lank as moontlik uitgerek deur die huidige administrasie te diskrediteer en openlik leuens oor die stad se finansiële posisie te skets.

“Die ANC het selfs gespog dat 15 koalisielede die ANC-mosie sou steun.

“Die uiteinde was ANC-raadslede wat die raadsaal stert tussen die bene verlaat het na ‘n uitslag van 140 stemme teen 121 . Die mosie van wantroue teen die speaker is afgestem met ‘n meerderheid van 20 stemme.

“Dié mislukte mosie van wantroue dek die tafel vir ‘n moontlike veelparty-koalisie in Gauteng na die 2019-algemene verkiesing waarin die VF Plus bereid is om te dien,” sê De Lange.

Kontaknommer: 082 358 3882

 

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.