Die VF Plus verwelkom die inhegtenisname en hofverskyning van die eerste agt verdagtes in die VBS-saak. Die drastiese wending in die VBS-saak kan die begin inlui van ‘n nuwe politieke era in Suid-Afrika.
Die omvang van die VBS-saak gaan waarskynlik verreikende gevolge vir bepaalde sleutelpersone in die politiek inhou. Suid-Afrikaners word vir jare reeds gyselaar gehou deur korrupte regeringslui en ander openbare besluitnemers wat hulself wederregtelik verryk.
Indien die Valke en die nasionale vervolgingsgesag (NVG) die volle omvang van die VBS-sage blootlê en verdere inhegtenisnemings plaasvind, kan dit ‘n reuse bydrae lewer om korrupsie in die politieke landskap nek om te draai.
Die VF Plus sal die verloop van die VBS bly monitor om te verseker dat geregtigheid geskied.
Navrae: 082 466 3786