Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Valhalla se mense mag nie geïgnoreer word nie

Die Vryheidsfront Plus steun die gemeenskap van Valhalla asook die CDP en ds. Theunis Botha teen die oprigting van ’n moskee in die gemeenskap, sê rdl. Sakkie du Plooy, VF Plus-raadslid in Tshwane.

Beswaarde inwoners van Valhalla het twee jaar gelede binne drie dae 2 600 handtekeninge ingesamel en by die raad ingedien. Die petisiekomitee het die petisie oorweeg waarna ’n proses van openbare deelname moes volg. ’n Vergadering by Hoërskool Voortrekkerhoogte is vir 21 Julie 2014 belê.

“Om die vergadering te adverteer is ’n paar kennisgewings by ’n klein winkelsentrum in Valhalla kort voor die vergadering uitgedeel. In teenstelling hiermee is ruim kennisgewings in die Moslemgemeenskap versprei.

“Tydens die vergadering het ’n groot groep uit die Moslemgemeenskap opgedaag en ’n handjievol Valhalla-inwoners. Die vergadering, onder leiding van rdl. Mkhize, is goed hanteer ten spyte van humeure wat telkens opgevlam het.

Sedert dié openbare vergadering is daar nog nie veel oor die saak in die Tshwane-raad gesê nie.

Die VF Plus meen die vergadering, vanweë die laat en uiters beperkte kennisgewing aan die gemeenskap van Valhalla, kan nie as ’n regverdige openbare deelname-aksie beskou word nie. Die stadsraad moet die petisie van die gemeenskap ernstig oorweeg en eerder die grond aan ’n ander entiteit toeken.

Die Moslemgemeenskap in Valhalla is baie klein en hulle kan maklik moskees in Erasmia en Laudium, wat naby en maklik bereikbaar is, ondersteun.

 

Rdl. Sakkie du Plooy

VF Plus-raadslid: Tshwane-metro

083 448 9473

DEEL DIT:

jongste artikels

Mediaverklarings
Jennifer Glover

Ekurhuleni-paaie in ʼn krisis

Die toestand van paaie in die Ekurhuleni-metro versleg daagliks; die direkte gevolg van onbehoorlike beplanning, onderfinansiering en wanbestuur. Die meeste paaie in die metro is

LEES MEER
Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.