Vryheidsfront Plus
Search
Vryheidsfront Plus

Tweeling twee maande sonder water

Die VF Plus het die nasionale departement van water en sanitasie versoek om ʼn ondersoek te doen na die Mafube-plaaslike munisipaliteit (Cornelia, Frankfort, Tweeling, Villiers) waar inwoners van Tweeling al vir twee maande sonder water is.

Die party het vandeesweek die dorp besoek ná klagtes van inwoners dat die munisipaliteit hul reg tot water misken.

Die menseregtekommissie (MRK) het onlangs bevind dat Mafube soveel as drie artikels van die Grondwet en die Nasionale Waterwet oortree deur inwoners sonder water te laat.

Die burgemeester, Tlhoare Motsoeneng, het in die media ontken dat daar ʼn waterkrisis is.

Die VF Plus se ondersoek die afgelope week dui duidelik op nalatigheid en ʼn gebrek aan optrede om stukkende pompe te vervang.

Die party het ook by die Vrystaatse LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake (Cogta), Saki Makoena, daarop aangedring dat inwoners van Tweeling se reg tot water eerbiedig word.

Die Vrystaatse regering gryp tans in by Mafube ingevolge artikel 139 van die Grondwet en daarom het die LUR ʼn verpligting om die probleem reg te stel.

Die ANC kan nie langer toegelaat word om inwoners se regte te misken nie. Uiteindelik sal Mafube net reggeruk kan word as die ANC verwyder word.

DEEL DIT:

jongste artikels

Wil jy voortgaan in Afrikaans of Engels?

Kies hieronder.

Would you like to continue in English or Afrikaans?

Choose below.